BIANCA CORNEA TRANSPLANT – GOAL R50 000
My dogter, Bianca vermeulen is 19 jaar oud. Sy is n baie liefdevolle, verspotte, positiewe kind. Sy is gebore me Down Sindroom, maar sy is so gesond, en niks in die lewe hou haar terug nie. Sy is mal oor musiek , dans en baie mense. Sy is loshande die grooste Snotkop aanhanger. Sy het alreeds n ring gekoop want sy gaan met Snotkop trou.
So he haar grootste droom waar geword, sy het n konsert van Snotkop gaan kyk op Kuruman. Vir drie ure het sy voor daardie verhoog vir hom gewag. Sy was heel voor en kon Snotkop se hand soen en aan hom raak met elke geleentheid wat sy gekry het. Asook n foto wat sy saam met hom geneem het, wat sy in n raam gesit het en in haar kamer hang. Snotkop het haar aand gemaak toe hy vir haar n cd gegee het. Vir 3 jaar se verjaarsdae moes ek Snotkop koeke bak.
Die Maandag na die vertoning het sy een oggend opgestaan met n vaal blaas op haar oog. Haar oog het soos n rugby bal gelyk. Na vele dokter ondersoeke en spesialiste is dit vasgestel dat sy blind is in haar oog en benodig n kornea oorplanting. Die kornea oorplanting kos R80 000.00. Huidig werk ons baie hard om fondse in te samel.
Dit is baie hartseer om haar so te sien, daar is dae wat sy net so le met n lappie oor haar oe, wat dit net te seer is om op te staan. Die frustrasie van kort, kort druppels in die oog te gooi maak dit ook nie makliker nie, want dit brand en is uiters ongemaklik. Dit het haar lewe so verander. Ons bid elke dag dat ons hier deur sal kom en haar oorplanting so gou as moointlik kan doen. Ons wil net haar lewens kwaliteit vir haar terug gee.