Ons mense het hoop verloor. Hulle voel nie meer veilig nie. Ons wil vir mense beide gee. Ons doen dit deur gratis werkswinkels aan te bied waar ons dan ook gratis boeke as toerusting uit deel. In hierdie werkswinkels en boeke leer ons mense gebedsgeheime soos middernag gebed en hoe om jou huis en geliefdes veilig te hou.
Mense wat hierdie werkswinkels bywoon en die boeke lees, se terugvoer is oorweldigend. Ons het hierdie epos ontvang net na die Hoërskool Driehoek tragedie:
“Albei ons kinders is in Hoërskool Driehoek. Vandag het n groot tragedie die skool getref. Dis baie hartseer maar ons het n AWSOME GOD. Hy het ons kinders bewaar en beskerm. Baie dankie Pastoor vir elke prayer bullet wat jy ons leer. Vir elke reboot werkswinkel. Vir jou elke opoffering. Vir jou boeke.
Deur dit alles het ons as ouers geleer om reg te bid en is ons kinders veilig. Ek glo dat hulle omring was met Engele en in n vuur- en bloedsirkel was waar hulle beweeg het.
Ek loof en prys die HERE vir Sy groot genade. My hart loop oor van dankbaarheid H van Staden”
Ons wil graag fondse insamel sodat ons kan aangaan met hierdie sessies en boeke aankoop.
Ons sal alle donasies opreg waardeer.
Dankie vir julle ondersteuning.